Welkom by die Verkenners Beweging van Suid Afrika se webwerf. Die Verkenners is een van die mees dinamiese volkskultuur- en vryheidsbewegings in Suid-Afrika. Blaai gerus deur die webwerf en maak kontak om ook 'n Verkennerspos in jou omgewing te stig!

Media Verklaring

9 Julie 2010

 

 

Die berigte en gerugte oor grootskaalse aanvalle wat na afloop van die sokkertoernooi kan plaasvind, duur voort. Hoeveel daarvan substansie het, kon nog nie bepaal word nie.

Terwyl die Afrikanefront volksgenote maan om nie deur die gerugte op hol gejaag te word nie, ag ons dit noodsaaklik om te waarsku dat ons ons nie deur gerusstellings van die regime se veiligheidswoordvoerders moet laat paai nie, maar sorg moet dra dat ons voorbereid is om onsself teen enige gebeurlikheid te verdedig. Ons volk is deurlopend blootgestel aan die voortsetting van die ANC se terreurveldtog, en die volgehoue opsweping en haatspraak teen vreemdelinge en blankes, wat ook as vreemdelinge wat nie in Afrika hoort nie, bestempel word, het 'n klimaat en verwagting by militante swartes geskep wat die intensiteit daarvan oornag kan laat toeneem.

Vanweë die polisie-brutaliteit wat dikwels teenoor blankes gepleeg word wat in konfrontasie met aanvallers kom, word volksgenote gemaan om, in geval van gevaar, sover moontlik binne die onderstaande riglyne wat deur ons volkseie veiligheidsinstansies aanbeveel word, te handel.

Ons oortuiging is die volgende:

  • Ons verwag nie 'n grootskaalse anargie nie;
  • Hoër fluktuasies van geweld kan sporadies voorkom;
  • Jongste inligting dui daarop dat daar nie noodwendig grootskaalse aanvalle (buiten dit wat ons in elk geval ervaar) teen blankes geloods sal word nie;
  • Swart optrede teen vreemdelinge blyk 'n faktor te wees wat die omvang, indien wel, moeilik bereken kan word.

Ons is van oortuiging dat die volgende in plek gesit moet word deur gemeenskappe:

  • Gebeurlikheidsbeplanning vir moontlike a) aanvalle b) besettings moet in plek gesit word of afgestof word waar dit bestaan.  Dit sou insluit die daarstel van moontlike vroeë waarskuwing, behoorlike effektiewe kommunikasievermoë, reaksievermoë, gebiedsdominering dmv patrollies en inligting versameling, voorsiening vir logistiek (veilige water, voedsel, brandstof, kragvoorsiening, noodhulp, ens.), die daarstel van 'n gemeenskaplike veilige huis in uiterste toestande van chaos en anargie waarheen mense (met alle vuurwapens) gaan om lewens te beskerm.
  • Brandbestrydingsvermoë in plek
  • Leierskap in gemeenskap is van kardinale belang om eienaarskap te neem om 'n gemeenskapsbeplanning te doen en te kommunikeer met al die inwoners.  Skakeling (en die daarstel van kommunikasievermoë) na naburige gemeenskappe vir wedersydse hulp soos nodig is noodsaaklik.
  • Identifiseer die regte SAPD lede waarop staatgemaak kan word in enige situasie.  In hoe 'n mate hul instaat sal wees al dan nie om situasies te hanteer is dit steeds die eerste lyn van optrede wat geloods moet word deur hul te versoek om die situasie te hanteer.  Daar moet egter dadelik oorgegaan word met eie optrede.  Kry ook die nodige regslui vooraf in plek om enige insident saam te hanteer.  Geen LW geen verklarings word gemaak alvorens die prokureur nie by is nie.  Bewyse van wat gebeur op elke toneel moet maksimaal bymekaar gemaak word soos videomateriaal en foto's en selfs bandopnemers.

 

Veiligheids Direktoraat

Afrikanerfront


Donkerhoek Verkenners

Media Verklaring

7 Julie 2010

Tussen die 3de Julie 2010 en vroegoggend van die 7de Julie 2010 was daar drie plaasaanvalle in die Pienaarspoort omgewing Oos van Pretoria.  Dit is egter net die gevalle waarvan die Donkerhoek Verkenners bewus is, aangesien die persone wat aangeval was, lede is van die gemeenskapsbeveiligings inisiatief waar die Donkerhoek Verkenners deel het. Die goeie nuus is dat niemand beseer is in die voorvalle nie, alhoewel daar skote geklap het in al drie gevalle. Die Donkerhoek Verkenners is van mening dat die blote feit dat die gemeenskap so vinnig gereageer het om die persone wat aangeval is te hulp te snel, die situasies omgekeer het en verhoed het dat enige persone gewond of gedood is.

Die kommerwekkende gevolgtrekking wat gemaak is deur die Donkerhoek Verkenners, is die blatante onvermoë van die Suid-Afrikaanse Polisie om enige bydrae te maak tot die poging tot arrestasie van die kriminele. In een geval was daar ‘n polisie-helikopter, maar later is verneem dat die helikopter  oppad was na ‘n aanval in Silverton. Wat vreemd is, is dat nie die aanval in Silverton of die drie aanvalle in die Pienaarspoort omgewing enige media dekking ontvang het nie. Dit skep die indruk dat die media besluit het om geen negatiewe berigte oor SA bekend te maak, terwyl die sokker aan die gang is nie. Indien dit waar is, wat dit blyk te wees, dan is dit skokkend dat die media so openlik nou ‘n speelbal in die hande van die ANC geword het.

Met dit in ag geneem, word Volksgenote gewaarsku om nie die media te glo dat daar ‘n afname in aanvalle is nie. So onlangs soos vandag het die Donkerhoek Verkenners ‘n skrywe ontvang van ‘n gemeenskapsveiligheidsliggaam  wat bevestig het dat aanvalle sedert die sokker toegeneem het. Ons behoort die waarskuwings oor die sogenaamde xenofobiese aanvalle ernstig opneem, want die vlaag van aanvalle is besig om te vermeerder. Uit eerstehandse ondervinding kan die Donkerhoek Verkenners bevestig dat die SAP weinig gaan doen om ons te beveilig. Daarom word Volksgenote aangemoedig om aan te sluit by gemeenskapsbeveiligings inisiatiewe in hul omgewings, want eendrag, maak mag.

Jan Beyers Voorsitter

Donkerhoek Verkenners

Sel : 084 512 9035




Geagte Volksgenoot

Hiermee wil ek u herinner aan die bogenoemde geleentheid wat plaasvind op die 17de Julie te Paardekraal monument.   Oorspronklik sou die fees by Paardekraal sowel as by die Vrouemonument in Bloemfontein plaasvind. Ongelukkig het die bestuur van die Vroue monument nie hulle weg oopgesien om ons te akkommodeer op hierdie datum nie.   Daar is nog so paar kleinigheidjies aan geskaaf moet word voor die finale program amptelik aangekondig sal word.   In aanloop tot die fees gaan die Paardekraal Verkenners die agbare J.G. Strijdom weer inlyf as die Eerste minister van die Unie van Suid-Afrika. Dit sal om 20:00 plaasvind op Donderdag die 15de Julie 2010n by die standbeeld van J.G. Strydom oorkant die monument.

Op Vrydag die 16de Julie 2010 om 19:00 sal daar ’n Cantus aangebied word op die Paardekraal terrein. Dit sal sorg vir groot pret, soos die Cantus gewoonlik is.   Die program vir Saterdag 17 Julie skop eers om 12:00 af. Die manne en dames wat van vêr af kom, kan dus betyds hiervoor opdaag. Die dag begin met ’n vlag optog waarna ’n vlag voorstelling gedoen sal word  om ons mense weer te herinner aan die vele volks vlae wat n rol in ons geskiedenis gespeel het. Hierna vind die opening plaas, gevolg deur twee bekwame sprekers: Mnr. Andries Breytenbach (Voorsitter van die Afrikanerfront) en Prokureur Paul Kruger van die Volksraadsverkiesing kommissie. Daarna sal ons op eg Boere tradisie vermaak word met Volkspele.   Daar is ook deurlopend kos stalletjies wat beman word deur die kerke wat geaffilieer is by die Paardekraal fees kommissie. Daar sal ook 'n skyfskiet-, kos- en vele ander stalletjies wees wat sal sorg vir vermaak. Die boekwurms kan uitsien na egte volkseie boeke.   Radio Pretoria gaan ook die dag saam met ons deurbring.  

Daar kan ook gebruik gemaak word van die kamp terrein op die Paardekraal perseel vir die wat van vêr af kom, of wat nie op en af wil ry nie. Die wat net wil saam kuier is ook meer as welkom. Die terrein is omhein met ’n elektriese heining, dus is veiligheid nie ’n probleem nie. Daar is ook warm water in die ablusie blokke beskikbaar vir die wat nie kans sien vir ’n koue stort nie.   Kom geniet hierdie naweek saam met ons.  

Die toegang vir die dag beloop R10 per motor. Die kampeer plek beloop R75 per nag vir ’n staanplek.
Al die fondse wat geïn word, word weer gebruik vir die instandhouding van die terrein by die monument.

Vir enige navrae kan Alwyn de Klerk gekontak word op 082 940 8825 of by alwyn@fenco.co.za.