Media Verklaring

Weerstand teen aanslag op Christelike geloof  Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika het in Januarie 2012 'n klagte ingedien by die uitsaai klagte kommissie teen Rian van Heerden, 'n omroeper by Jacaranda 94,2. Dit volg na van Heerden se lasterlike uitlatings op die 4de Januarie 2012 tydens sy oggendprogram teenoor die Christelike geloof en teenoor leerlinge wat die Beweging vir Christelike Volkseie onderrig (BCVO) matriek geskryf het, na dit oor ‘n nuusbulletin op Jacaranda bekend gemaak is dat die BCVO by vere die beste resultate gelewer het tydens die 2011 matriekeksamen. 

Van Heerden is deur die uitsaai klagte kommissie die geleentheid gegun om te antwoord op die klag, wat hy ook gedoen het. 

Die Verkennersbeweging is vervolgens ook die geleentheid gegun om repliek te lewer op van Heerden se antwoord en na afloop van hierdie repliek het die uitsaai klagte kommissie bekend gemaak dat daar meriete in die klag is en dat die saak op verhoor gaan. 

Die BCVO het ook 'n klagte teen van Heerden ingedien en die klaers sal geleentheid gebied word om tydens die verhoor bydraes te lewer. 'n Datum vir die verhoor is nog nie bekend gemaak nie.

Die Uwe


Ben Geldenhuys
President:  Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika