Mediaverklaring
3 Oktober 2011

Die Verkenners Beweging van Suid-Afrika wil sy hartlike geluk wense oordra aan die pas aangekondigde Volksraad. Dit is met trots en dank dat die Verkenners kan aankondig dat vier van die nege verkose Volksraadslede ook lede van die Verkenners is:

Ben Geldenhuys (President)
Abel Malan (Vise-president)
Henk van de Graaf (Oudpresident en lid van die Senaat)
Tiaan Theron (Lid)

Ons weet dat die volk in goeie hande is met sulke uitstaande manne. Ons wil ook hierdie manne gerus stel met die wete dat hulle kan vertrou op die steun van die hele Beweging.

Baan julle die pad na Vryheid, ons sal die stene help lê.

Baie geluk

Alwyn de Klerk
Sekretaris: Verkennersbeweging van Suid-Afrika