16 Julie 2011
Tydens ‘n media konferensie gehou deur die
Stellenbosch universiteit het dit bekend geword dat Professor Anton van
Niekerk sekuriteitswagte strategies geplaas het in die kantore rondom sy
kantoor tydens mnr. Malan se besoek aan hom. Dit
het ook aan die lig gekom dat die deure na die gebou waar die
ontmoeting plaasgevind het, gesluit is nadat Malan die gebou betree
het. Dit blyk dat van Niekerk ‘n sensasie soeker is, wat moontlik die
motivering was vir sy Afrikaner haat artikel wat in onder andere Beeld
verskyn het. Daar
bestaan ‘n sterk vermoede dat van Niekerk, Malan uitgelok het tydens
hulle gesprek. Na afloop van die insident is daar deur die regspan van
mnr. Malan versoek om foto’s te neem van die toneel en van professor van
Niekerk, om as bewysstukke te dien. Die versoek is geweier wat groot
vraagtekens laat.
Dit
is voorts uiters vreemd dat twee advokate ingespan is om mnr. Malan se
borgaansoek teen te staan. Veral in die lig gesien dat by plaasmoord
sake daar soms nie eers een advokaat teenwoordig is nie. Die advokate
se uitspraak, volgens die Burger koerant, dat die staat se regte
belangriker is as ‘n burger se reg tot vryheid, laat rooi kommunistiese
ligte flikker.
Uit
die bostaande inligting blyk dit daar ‘n ge-orkestreer poging is om die
Boere-Afrikaner se vryheidseis te diskrediteer. Hierdie laakbare
optrede is ‘n laaste lafhartige poging om ‘n internasionale, wettige
proses te stuit en sal beslis nie slaag nie. Die misleiding wat hier
plaasvind herinner sterk aan die de Klerk regering se “wigte en
teenwigte” beloftes wat duidelik leuens was.
Ben Geldenhuys
President Verkennersbeweging van Suid Afrika
Sel : 083 309 1300