Mediaverklaring
21 Februarie 2012
Dit
is met dankbaarheid, maar glad nie met verbasing nie, dat die
Verkennersbeweging verneem dat die saak teen van sy lede teruggetrek is.
Die
saak spruit voort uit die gebeurtenis in Julie 2011 waar die straat wat
na die terroris Nelson Mandela vernoem is na Clive Derby-Lewis straat
herdoop is. Die Suid-Afrikaanse Polisie het alle hulpmiddels tot hulle
beskikking gebruik om die manne vir ’n protes-daad wat geen skade
aangerig het nie te vervolg. Hulle is summier in die selle toegesluit en
is daar vir die volle 48 uur wat tot die SAP se beskikking is onder
haglike omstandighede aangehou. Tydens hulle verblyf in die selle is
daar gepoog om die manne deur onder andere ’n besoek van ’n
Polisie-Generaal te intimideer. Daar was op ’n stadium selfs ’n spesiale
ondersoekspan van Johannesburg af laat kom om, lagwekkend soos dit klink,
’n saak van terrorisme te ondersoek. Die manne is uiteindelik van
openbare geweld, saakbeskadiging en oortreding van ’n Padverkeerswet
aangekla. Die klagtes teen die manne is intussen deur die staat
teruggetrek.
Die
optrede van die SAP is weer ’n voorbeeld van die mors van
belastingbetalersgeld vir onbenullighede om mense te vervolg wat durf om
die adder-regering teen te gaan of om die Afrika-afgod Nelson Mandela
se naam in oneer te bring. In teenstelling met die SAP se flinke optrede
daar waar hul siek bestel se wankelende naam in oneer gebring word, kan
daar daagliks in nuusberigte oor plaasmoorde gelees word dat die
moordenaars nog op vrye voet verkeer. Die SAP se optrede teenoor diegene
wat hulself soos die manne in hierdie saak teen die onreg van die
huidige bestel verset is ’n duidelike bewys van waar die
ANC-georiënteerde SAP se prioriteite lê.
Intussen
is mnr. Clive Derby-Lewis nog steeds, selfs nadat die paroolraad sy
aansoek goedgekeur het, nog in die gevangenis. Die betrokke minister self
het die aansoek egter afgekeur, terwyl nog ’n ANC-kader, Jackie Selebi,
meer in die hospitaal as in die gevangenis was na hy ’n skielike siekte
na sy vonnisoplegging ontwikkel het. Die voorspelling kan gemaak word
dat Jackie Selebi nog voor mnr. Derby-Lewis op mediese parool vrygelaat
sal word. Die
Verkennersbeweging van Suid-Afrika doen ’n beroep op volksgenote om
hulle nie af te laat skrik deur hierdie adder-regering wat die waarheid,
ware reg en geregtigheid verkrag nie.
Die uwe,
Alwyn de Klerk
Sekretaris: Verkenners Beweging van S.A.
082 940 8825