Staak dié onreg en laat Willem Ratte vry

22 Oktober 2010Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika het die afgelope tyd met skok kennis geneem van die kommerwekkende toestand waarin komdt. Willem Ratte tans in aanhouding verkeer.  Komdt. Ratte is tans op ‘n eetstaking uit protes teen sy onregmatige inhegtenisname en aanhouding.  Vandag, 22 Oktober 2010, is reeds sy 22ste dag wat hy op eetstaking is. 

Hy is 62 jaar oud en ondervind hartprobleme, wat sy toestand net soveel meer kommerwekkend maak.  Sy volgende hofverskyning is op Maandag 25 Oktober 2010 om 08:30 by die hof in Witbank.  Die Verkennersbeweging doen ‘n dringende beroep op volksgenote om in hul massas op te ruk na die hofverskyning om hul steun aan komdt. Ratte te betuig asook om te wys dat ons nie vêrder hierdie onreg teen ons volkgenote sal duld nie.  Die hofgebou is in Delvillestraat, tussen Botha- en Haiglaan.Bring gerus u volksvlae saam, sodat daar gesien kan word wie ons is en waarvoor ons staan.

Komdt. Ratte het baie vir ons volk deur sy lewe opgeoffer, hierdie is die minste wat ons vir hom kan doen.

Laat ons elkeen deeglik nadink oor die woorde van I D du Plessis:
Soet is die stryd van die stryder,selfs al moet hy verloor. Maar hy wat opsy staan en sy aandeel weier,dit is die man wat sy volk vermoor.


Ons sien u daar

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika