6 Augustus 2010
Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika het met leedwese
kennis geneem van nog 'n barbaarse moord op 'n volksgenoot in die
Rayton/Cullinan distrik. Die 37-jarige Rianna Schoeman van Brandbach Cullinan,
is voor haar twee kinders van vier en ses jaar onderskeidelik, deur haar deur
dood geskiet.
Ons innige medelye gaan uit na die Schoeman gesin.
In die afgelope maand is dit die tweede volksgenoot wat
in die nag in 'n sluip aanval vermoor is in die omgewing. Daar was in dieselfde
tydperk nie minder as drie ander pogings wat afgeweer was.
Die Verkennersbeweging is van mening dat hierdie aanvalle
daarop dui dat daar 'n laegraadse oorlog teen blankes gepleeg word in hierdie
omgewing. Die feit dat die SAP weinig doen om hierdie aanvalle te verhoed, skep
die indruk dat die SAP of onbevoeg is, of dat hierdie terroristiese optrede
hulle goedkeuring wegdra.
Die Verkennersbeweging is verder van mening dat daar nou
geen ander keuse vir die boere van die Cullinan/Rayton distrik is, as om
hulself te verdedig teen hierdie terrorisme.
Gevolglik steun die Verkenners enige poging wat ons mense
beveilig en sal die Verkenners ook aan aksies deelneem en aksies loods om
volksgenote pro-aktief te beskerm.
Ben Geldenhuys
President
Verkennersbeweging
van Suid-Afrika