1 Julie 2010
Met die
wêreldbeker sokker wat tans in SA gespeel word, is dit duidelik dat die
ANC hul beeld wil poets vir die buiteland. So byvoorbeeld, het
hulle hul massas ondersteuners opdrag gegee om hulle te gedra wanneer die
buitelandse besoekers in Suid-Afrika is.
Hulle het
selfs so ver gegaan om die uitvoerende hoof van die ANC-vryheidspark,
Wally Serote, opdrag te gee om ‘n foto van generaal de Wet in hul heldesaal te
hang. Daar is selfs nou sprake dat hulle dieselfde met ‘n foto van
generaal de la Rey gaan doen.
In die
verlede is die ANC-vryheidspark uitsluitlik gebruik om ANC kaders te
vereer. In 2006 was daar groot polemiek, juis omdat die ANC-beheerde
vryheidspark besluit het om nie die name van SAW-lede wat op grens gesneuwel
het, in te sluit by die name van die destydse terroriste wat in dieselfde
oorlog gesneuwel het nie. Selfs nou het die uitvoerende hoof te kenne
gegee dat hulle nie die name van die SAW-lede gaan byvoeg nie. Hulle
verweer is, dat die SAW-lede nie vir vryheid geveg het nie en mens kan aanneem
dat hulle daarmee bedoel dat hulle vir onderdrukking geveg het.
Sedert die
ontstaan van die ANC-vryheidspark is die enigste “Afrikaners” wie se name mens
daar sou vind, die van verloopte “Afrikaners” soos Bram Fischer en ander
prominente kommuniste. Om nou te midde van die sokker met ‘n gepoetste
beeld van ‘n reënboognasie wat nie werk nie, volksmanne soos de Wet en de la
Rey in te span as kwotaspelers in hierdie nasiebou klugspel, is lasterlik en
onaanvaarbaar.
Dit sou
beter wees, as die ANC dan so graag “Afrikaners” daarby wou insluit, dat hulle
kaders soos FW de Klerk, Roelf Meyer en die voetwassende Adriaan Vlok gebruik
het. Dit is egter duidelik dat selfs die ANC vir hierdie sikofante geen
respek het nie.
Die
Verkennersbeweging van Suid-Afrika eis dat die foto’s van hierdie Christelike
volkshelde, de Wet en de la Rey, verwyder word van hierdie voorvadergees
tempel. Geen Christen kan tog vereer word in ‘n Godslasterlike plek soos
die ANC se vryheidspark nie.
Die uwe
Ben
Geldenhuys
President
Verkennersbeweging
van Suid-Afrika