"My kind se ewige toekoms", uitgegee onder redaksie van professor Roelof Maré, verskaf leiding aan ouers van skoolkinders en aan ander belanghebbendes oor die gevaar van en eensydigheid in handboeke wat deur die Departement van Onderwys goedgekeur is vir gebruik in skole in die vak Lewensoriëntering.
In hierdie goedgekeurde boeke, word die intergeloofsgodsdiens gehandhaaf. Wat moet u van die volgende sê?
- Alle godsdienste is gelyk;
- Ons kinders moet eerbied geleer word vir die afgode;
- Kinders moet in die klas debatteer oor die moontlikheid van Christus se opstanding;
- Die mens het uit 'n aap ontwikkel;
- Ons is baie gelukkig dat daar soveel gelowe in die land is;
- 'n Kind wat nog nie 'n maat oor die kleurgrens heen het nie, is nog nie 'n maat vir ander nie, en het ook nie 'n maat nie.
In hierdie boek lees u van nog talle ander stellinge wat Christene se hare laat rys.
Christenouers, -onderwysers, -kinders en Christelike kerke moet van hierdie dinge kennis neem. en voorkomingsmaatreëls tref om ons kinders in die vrees van die Here te bewaar. Hierdie boek wil u daarmee help.
Die boek is beskikbaar teen R40.00 elk. (Posgeld uitgesluit)
Die boek kan ondermeer by die volgende instansies bekom word:
Verkennerskantoor
Collinslaan 1241
Moregloed
Pretoria
Kontak Werner Smook by:
012 333 0304 of inligting@verkenners.org.za
Radio Pretoria se Woord en Klankwinkel
Braam Pretoriusstraat 378
Magalieskruin
Pretoria
http://www.radiopretoria.co.za/WoordenKlank.html
Huttenbuchdienst
012 807 0434
Vuurklipstraat 541
Die Wilgers
Pretoria
hutten.buchdienst@gmail.com