Mediaverklaring
4 Junie 2011
Volgens
media berigte het die ANC se Kgalema Motlanthe opdrag gegee dat die
borsbeeld van dr. HF Verwoerd wat by die Midvaal-munsipaliteit verwyder
is, gevind moet word sodat die ANC regering dit kan “bewaar”. Hierdie
bekendmaking is gedoen by monde van die adjunkminister van kuns en
kultuur, Dr. Joe Phaahla wat bekend gemaak het dat Motlanthe sy
departement opdrag gegee het om die beeld te vind.
Die
ANC het blykbaar ‘n probleem om die konsep van eienaarskap te verstaan.
Die Verwoerd borsbeeld behoort aan die kultuurraad van Kliprivier en
beslis nie aan die ANC of die ANC regering nie. Gevolglik het die ANC en
sy regering geen reg tot hierdie beeld nie en sou die ANC hierdie beeld
opeis, is dit blatante, arrogante diefstal.
Die ANC regering is
arrogant en skelm genoeg om wel te poog om die beeld te steel. As mens
kan plase steel, sal jy seker ook borsbeelde steel.
Die
Donkerhoek Verkenners wil dit duidelik stel, dat ons nie sal toelaat
dat die Borsbeeld van Dr Verwoerd verwyder word deur die ANC of sy
regering nie. Die Donkerhoek Verkenners is ook siek en sat vir die ANC
regering se arrogante persepsie dat alles in hierdie land aan hulle
behoort.
Motlanthe
hoef ook nie te wonder waar die borsbeeld is nie en hoef ook nie sy
kaders opdrag te gee om die borsbeeld te soek nie; Die borsbeeld van Dr
Verwoerd is op Kleinfontein en word beskerm deur die Donkerhoek
Verkenners.
Gevolglik daag die Donkerhoek Verkenners die ANC se Kgalema
Motlanthe uit om persoonlik hierdie borsbeeld van Dr Verwoerd te kom
steel op Donderdag 16 Junie 2011 om 12h00 . Motlanthe is welkom,
aangesien die 16de Junie die ANC se jeugdag is, om die ANC se jeug
leier, Julius Malema saam te bring, aangesien Malema sy vorige afspraak
met die Verkenners gemis het, om ‘n Boer te kom skiet.
Jan Beyers
VoorsitterDonkerhoek Verkenners
079 357 5804