Mediaverklaring
7 Desember 2010
In ‘n
mediaverklaring, soos uitgereik op 16 Maart 2010, het die Verkennersbeweging
gemeld dat hy alle moorde wat na 8 Maart 2010 gepleeg gaan word as “Malema
moorde” sal beskou. Die rede hiervoor is
dat Malema op dié dag vir die eerste keer in die openbaar sy bekende lied
gesing het, waarin hy ondermeer sê:
“Skiet die boere” Die
Verkennersbeweging beskou dit as ‘n ondubbelsinnige opdrag om blankes te
vermoor.
Dit verbaas
egter nie dat die ANC protes aanteken teen die verbanning van die omstrede lied
nie. Dit is immers kennend van die wyse
waarop die ANC aan bewind gekom het. Nie
net deur terreurdade wat ondermeer deur bomplantings op publieke teikens
uitgevoer is nie, maar ook deur die grootskaalse verminking en vermoording van
sy eie mense wat nie aan hul sogenaamde struggle wou deelneem nie.
Wat ons wel
bekommerd stem en met afgryse vervul, is die barbaarse aanvalle en moorde op
blankes wat voortdurend plaasvind en tans ook blyk toe te neem.
Na die
barbaarse uitwissing van die Potgieter gesin van Lindley, asook die twee moorde
wat sedertdien plaasgevind het, het ons in samewerking met Projek 2010, vasgestel
dat daar sedert 8 Maar t 2010, 90 moorde plaasgevind het, wat ons as Malema
moorde beskou. Dit is slegs die moorde
waarvan daar in die media berig is.
Hoeveel onaangemelde moorde daar nog plaasgevind het, is tans ‘n
kwelvraag.
Daarom doen
die Verkennersbeweging weer eens ‘n beroep op volksgenote om Projek 2010
behulpsaam te wees deur die moorde op volksgenote aan te meld op die webblad
www.projek2010.co.za.
Uitgereik
deur die Verkennersbeweging