Kroniek van sewe blou waens

Die kort lewe van Gert Maritz

 

Voorwoord

 

In die geskiedskrywing van die Groot Trek moet die naam Gert Maritz onvermydelik genoem word.  Maar wie was die man?  Watter soort mens was hy werklik?  Wat was daar aan hom wat van hom ‘n leier gemaak het, ‘n held in die volle betekenis van dié woord?

 

Sy begin was nederig en sonder sekuriteit.  As kind in die Suurveld moes hy toekyk hoe sy pa se plaas deur Xhosas kaal gestroop word;  as opgeskote seun moes hy ‘n keer sy brood met los skrynwerk verdien.  Tog word hy as jong man reeds ‘n leier in die gemeenskap van Graaff-Reinet.  En in hom was nog méér ideale waarvoor hy bereid was om alles prys te gee.

 

Toe sake met die Britse regering in die oosgrensgebied op die spits gedryf word, trek sy sewe eiehandig gemaakte blou waens vooraan.  Ook op trek wys hy sy slag as leier, en ná die oorsteek van die Grootrivier word hy verkies tot President-Regter van die eerste Trekkerrepubliek.  Kroniek van die sewe blou waens is die verhaal van hierdie man se lewe – van sy kleinkinderdae tot by sy alte vroeë dood op 23 September 1838.

 

Daar word ‘n intieme blik gegee op sy persoonlikheid, sy besondere lewenskwaliteite én sy verhouding met die mense om hom:  sy ouers, sy vrou Angenitha, en later die ander leiers van die Boere-emigrante:  Hendrik Potgieter, Piet Uys, Piet Retief en Andries Pretorius.

 

In hierdie vertelling gee Margaret Bakkes so ‘n skerp beeld van die lewenstyl en omstandighede van Maritz en sy tyd dat dit ‘n onmiddellike, boeiende werklikheid word.

 

ISBN 0 624 02795 3

Tafelberg-Uitgewers Beperk

Eerste Uitgawe 1989

Aantal bladsye: 142

 

Hierdie boek is beskikbaar by:

Verkennerskantoor

Collinslaan 1241

Moregloed

Pretoria

Kontak  Werner Smook by:

012 333 0304   of   inligting@verkenners.org.za