5 September 2010
‘n Kleinseun van Dr.
Hendrik Verwoerd, ook Hendrik Verwoerd is Sondagoggend die 5de September 2010
deur drie swartmans aangerand toe Verwoerd hulle betrap het waar hulle buite
die AP kerk Rayton/Cullinan besig was om ‘n voertuig te steel. Hendrik
Verwoerd, die bankbestuurder van Kleinfontein Spaar en Krediet en diaken
van die AP kerk Rayton/Cullinan, het tydens die erediens gemeentelede se
voertuie opgepas buite die kerk. Die gebruik om die voertuie op te pas tydens
die erediens het ontstaan nadat ‘n voertuig daar gesteel is. Verwoerd het
die motordiewe betrap waar hulle besig was om ‘n BMW wat aan een van die
gemeentlede behoort te steel en die swartmans het hom aangerand en gevlug. Die
orrelis in die kerk het opgestaan en geroep dat daar skurke op die kerk se
grond was.
‘n Tiental mans het
opgespring en die booswigte agterna gesit. Die agtervolgers het ingesluit lede
van die Donkerhoek Verkenners en van die gemeenskapsbeveiligingsgroep –
Conserv. ‘n Wilde jaagtog het gevolg en die booswigte het wielspanders en
ander gereedskap uit hulle voertuig gegooi na die agtervolgers. Met puik
bestuursvernuf is die booswigte tot stilstand gedwing net voor Mamelodi en daar
inhegtenis geneem deur die lidmate van die AP Kerk en lede van die gemeenskap
wat per radio en telefoon opgeroep is.
Die Verkenners Beweging van
Suid-Afrika is trots op hierdie Boere en glo dat ‘n duidelike boodskap
aan die terroriste uit gegaan het; Los die
Boere uit!
Ben Geldenhuys
President
Verkennersbeweging van
Suid-Afrika