17 September 2010    

Die bankreus ABSA het besluit om rugbyspanne finansieel af te pers, om te verswart. Volgens 'n rassistiese verklaring van ABSA is rugbyspanne in die Curriebeker te wit en dring hulle feitlik as borge daarop aan dat die spanne moet verswart.

ABSA het blykbaar vergeet dat dit "witgeld" is wat ABSA in die finansiële vermoë geplaas het om die Curriebeker te borg.  ABSA het blykbaar ook vergeet dat daar 'n wye keuse van banke is om van te kies en dat die rugby kykende publiek eerder ondernemings sal ondersteun wat sal wil sien dat rugbyspelers op meriete gekies word.  

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika het besluit om hulle ABSA rekening te sluit en glo dat talle Suid-Afrikaners wat 'n sin vir regverdigheid het, hierdie voorbeeld sal volg.  Hierdeur kan aan ABSA se wens voldoen word om te transformeer deur slegs swart kliënte te diens. Ons geld praat Afrikaans!      


Die uwe  

Ben Geldenhuys
President
Verkennersbeweging