verkenners.org.za
Die Verkenners Beweging van Suid-Afrika
Tuisblad
Aktiwiteite
Boeretrots Tuindienste
21ste Verjaardagvieringe
Boeke
GA Watermeyer
Kroniek van die sewe blou waens
My kind se ewige toekoms
HS van Blerk Stigting boeke
Dokumente
Veiligheidsplan
Inligting
Die gevaar van volksvreemde arbeid
Grondgryp Groenskrif
Klankbane
Mediaverklarings
Organisasies
Bestuur en Verkennersposte
Video's
NSA volksmoord terugblik
Musiekvideo's
Aanranding van Norman Fourie (16)
AWB-HNP-Verkennersvergadering
Special Assighnment 25 Mei 2010
Volksverrigtinge
Wat is Ons?
HS van Blerk Stigting boeke
Volksgenote
Sien gerus die onderstaande advertensie vir meer besonderhede oor enkele van die boeke wat deur die
HS van Blerk Stigting te koop aangebied word.
Van die boeke is ook aflaaibaar van hierdie webblad.
Ons betuig hiermee ook ons hartlike dank aan die H.S. van Blerk Stigting vir hul goeie werk soos wat hieronder gesien kan word.
Dankie ook aan oom Hendrik wat die drie boeke van die "Verkenners van Danie Theron reeks" beskikbaar gestel het vir verspreiding.
Sien ook die kopieregbeskrywing onder-aan dié blad.
Hierdie roman, tesame met die ander twee in hierdie reeks, word opgedra aan die Jeug van die Boerevolk. Vir Danie Theron was niks te moeilik, niks te gevaarlik, geen taak te uitputtend nie en hy het sy Verkenners, selfs na sy dood,besiel tot bomenslike volksoffervaardigheid.
“Mag julle altyddeur besieling en krag put uit die voorbeeld, optrede en roemryke dade van ons volkshelde.”
Bladsye: 185
Dokument: +- 3,2 MB
ISBN 978-0-620-44441-5
Bladsye: 174
Dokument: +- 4,7MB
ISBN 978-0-620-44442-2
Bladsye: 198
Dokument: +-5,7MB
ISBN- 978-0-620-44443-9
IETS MEER OOR DIE SKRYWER
Vandag ken elke opregte Boer reeds die naam van een van ons langslewende en geliefde volkshelde, die skrywer wat na homself verwys as 'n “Boervolksaktivis” Hendrik Stephanus Hertzog van Blerk.
Oom Hendrik van Blerk het meer van menswees geleer gedurende die swaarkry van sy kinderdae, as wat ons gemiddelde volksgenote van vandag, in 'n leeftyd kan leer. Hy groei op in die ‘Armblanke’ tydperk na die 1914 Rebellie, gedurende die 1922 Mynstakings enDepressiejare. Maar ten spyte van menige terugslae, gebruik hy sy God gegewe talente van 'n ryk verbeeldingskrag en unieke skryfvermoë, om met denkbeeldige karakters en situasies, uit te styg tot een van die beste verhaalkunstenaars wat ons volk nog opgelewer het.
Prof. PD van der Walt van Potchefstroom het in 1985, tydens die viering van Oom Hendrik se 70ste verjaardag, oor die egtheid en opregtheid waarmee hy sy boeke skryf gesê: “U is tot ons groot vreugde en agting, 'n egte en eerlike woordkunstenaar, totaal onpretensieuse storieverteller” “want, ... u skep eie ervaring, waarneming en lewens insig om tot kuns, verhaalkuns wat besonder pakkend en toeganklik is.” Hy meld verder: “U het besef, dalk intuïtief, omdat u 'n gebore verteller is ... dat 'n goeie storie ook betroubare en interessante inligting moet verskaf, die leser se kennis moet verryk.En ook dat 'n goeie roman meer as inligting gee, dat dit 'n probleemgebied betree, bv. ekonomies of sosiaal – dat só aan die verhaal 'n algemeen geldige ideële dimensie gegee word.”
Oom Hendrik was reeds 93 jaar oud toe hy hierdie uitgawe van Boerespioen bygewerk het. Alhoewel hy toe 'n paar liggaamlike terugslae beleef het, is sy helderheid van denke en liefde vir die Boerevolk, steeds 'n inspirasie vir almal wat hom ken.
Let op die kopiereg beskrywing van hierdie boeke:
Kopiereg:
Hiermee verleen die outeur en uitgewer van hierdie boek toestemming,dat enige gedeelte hiervan gereproduseer of elektronies weergegee mag word, op voorwaarde dat dit nie-winsgewend en nie-afbrekend aangewend sal word vir die opvoeding van die jeug van die Boerevolk.
{1}
##LOC[OK]##
{1}
##LOC[OK]##
##LOC[Cancel]##
{1}
##LOC[OK]##
##LOC[Cancel]##