
G A Watermeyer
Voorwoord
Wat hier volg is veertien radiopraatjies wat van 8 tot 26 Oktober 2004 oor Radio Pretoria uitgesaai is. ‘n Verdere bywerking is gedoen oor:
Watermeyer spreek die leraars aan.
Die radiopraatjies is so goed ontvang dat mnr Dolf Buitendach met die plan gekom het om dit te publiseer. Vir my as oud Visepresident van die Verkenners is dit derhalwe ‘n diepgevoelde behoefte om dié publikasie op te dra aan die huidige president van die Verkenners, mnr Henk van de Graaf, die Transvaalse leier, mnr Dolf Buitendach en al die ander Verkenners oor die lengte en breedte van ons land. Ons het groot waardering vir dit wat die Verkennersbeweging oor die jare vir ons volk in sy groot stryd gedoen het. Ons is vas oortuig dat die Verkennersbeweging ook nou en in die toekoms met vlyt, arbeid en toewyding vir hierdie miskende verguisde volk in die bres sal staan. Die nood van ons volk is so groot!
Mag die vyftien kort gesprekke tot ‘n Boerehart spreek en u besiel om vir u kinders, u volk se kinders, vir die nagedatenis van die verontregte volksdigter, vir u volk en vir ons Hemels Vader wat die vryheidsdrang in ons hart gelê het, iets te DOEN want dit mag nie net by praat bly nie.
Kom ons maak as Verkennersbeweging, dié gelowige spreuk van Watermeyer, ook op ons van toepasssing as ons elke dag met die volkstryd besig is:
“Klink my tot kruik waarin U Gees
weer water vir my volk sal wees.”
JJ Pienaar
ISBN 0-620-34897-6
Uitgegee deur die Verkennersbeweging van Suid-Afrika
Aantal bladsye: 76
Hierdie boek is beskikbaar by:
Verkennerskantoor
Collinslaan 1241
Moregloed
Pretoria
Kontak Werner Smook by:
012 333 0304 of inligting@verkenners.org.za