Mediaverklaring – 14 Junie 2010  

Dit het onder die Verkenners se aandag gekom dat daar ‘n skrywe per e-pos die rondte doen, wat moontlik die indruk kan skep dat die Verkenners deel uitmaak van ‘n soort eenheids-inisiatief in volksgeledere van Dr. Christo Landman van Afrial.  

www.afrial.co.za  

In hierdie skrywe word die indruk geskep dat die Verkenners in dieselfde geselskap verkeer as ander organisasies wat ‘n bedenklike rol in ons volk se selfbeskikkingstryd speel en selfs organisasies wat nie ons selfbeskikkingstrewe deel nie.    Die Verkenners wil dit duidelik stel dat ons nie aan die gesprek deelgeneem het nie en distansieer ons van hierdie inisiatief, aangesien die bona vides van hierdie inisiatief onduidelik is.   Die Verkenners Beweging van Suid-Afrika is verbind tot die selfbeskikingstrewe van ons volk en is gevolglik gemaklik tuis by die Afrikanerfront wat onomwonde die selfbeskikingstrewe deel.  

Die uwe

Werner Smook
Uitvoerende beampte
Verkenners Beweging van Suid-Afrika