Mediaverklaring
17
Februarie 2011
Die
jongste uitspraak van mnr. Jacob Zuma m.b.t. ‘n Afrikaner tuiste, gaan beslis
debat rondom die kwessie van selfbeskikking vir die Afrikaner ontlok. Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika
verwelkom hierdie debat. Wat die
Verkennersbeweging egter nie verwelkom is mnr. se aanmatigheid dat hy nou
namens die Afrikaner kan besluit waar hulle tuiste is. Mnr. Zuma vergeet, of is moontlik onbewus, dat
elke volk op aarde in gevolge die volkereg, het die reg tot selfbeskikking, ook
die Afrikanervolk. Dit is verder elke
volk se eie besluit of hulle wil vry wees en nie die besluit van een of ander
regime se hoofman of leier nie. Selfs
daardie persone binne ‘n volk wat nie hulle eie tuiste wil hê nie, kan nie
namens die vryheidstrewende gedeelte van die volk besluit of hulle wel geregtig
is op hulle eie tuiste al dan nie.
Mnr.
Zuma is reg dat daar geen liggaam is wat ‘n mandaat het om daardie Afrikaners
wat na ‘n eie tuiste streef te verteenwoordig nie. Nog nie, want die Afrikaners wat streef na ‘n
eie tuiste is wel besig om ‘n verkiesing te reël onder die bekwame hand van die
Volksraad Verkiesings Kommissie. Mnr.
Zuma moet egter kennis neem dat die blote feit dat hierdie Volksraad nog nie
verkies is nie, nie vir hom skielik die reg gee om namens die Afrikaner te wil
besluit waar die Afrikaner se tuiste is nie. Die Afrikaner sal op ‘n demokratiese wyse ons
eie Volksraad verkies. Hierdie Volksraad
sal ‘n mandaat hê om namens die Afrikaner, ons vryheid op te eis. Die grondwet van mnr. Zuma se regering maak
voorsiening vir selfbeskikking in Artikel 235. Hierdie jongste uitlating van mnr. Zuma skep
die indruk dat hy homself bo die grondwet van sy eie regime plaas.
Mnr.
Zuma se uitlating dat die Afrikaner nie ‘n Orania kan skep nie, is net so
teenstrydig met sy grondwet en kan selfs as rassisties beskou word, aangesien
hy hierdie reg kondoneer vir die Zoeloes, Vendas en Xhosas, maar die volk
waarna hy verwys as die enigste blanke stam van Afrika, vir hulle wil hy ‘n
verbod plaas op hierdie reg.
Intussen
sal die Verkennersbeweging van Suid-Afrika onverpoosd die verkiesing wat deur
die VVK gereël word hierdie jaar steun en ondersteun, sodat die vryheidstrewende
Afrikaner vir homself ‘n Volksraad kan kies. Sodat hierdie Volksraad ‘n eis op
selfbeskikking by mnr. Zuma se regime kan instel en indien mnr. Zuma steeds van
die oortuiging is dat die Afrikaner geen reg het tot selfbeskikking nie, sal
daardie Volksraad hulle beroep op die Volkereg. Die feit bly staan, ‘n gedeelte van die
Afrikanervolk is moeg vir die onderdrukking en is op pad na selfbeskikking in
‘n eie begrensde grondgebied.
Ben
Geldenhuys
President
Verkennersbeweging
van Suid-Afrika