19 Julie 2011
Nelson Mandela het gesê dat daar geregitigheid vir almal in Suid-Afrika
sal wees. Tans is daar geen geregtigheid vir Mnr. Clive Derby-Lewis wat
nogsteeds onregmatig in aanhouding is nie. Die 75-jarige Derby-Lewis
moes al in aamerking gekom het vir parool weens sy ouderdom en swak
gesondheid.
Die “Vriende van Clive” het besluit om 'n protes-daad onder die dekmatel van vryheid van spraak te pleeg.
Die Verkenners as beweging wat in 'n positiewe bydrae tot billikheid,
geregitigheid en vryheid van spraak vir alle volke in Suid-Afrika, en
spesifiek ook die Afrikanervolk, glo; ondersteun hierdie sterk optrede
om ook vir mnr. Clive Derby-Lewis billikheid, geregtigheid en vryheid
daar te stel.
Die Verkenners eer die manne wat bereid is om op te staan vir die
waarheid wat deur die ANC “adder-regering” en sy “sikofante” verkrag
word.
Ons betreur die feit dat die SAP twee van die “Vriende van Clive” se
advokate aangerand en belaster het. Die ANC-beheerde SAP se optrede in
verband met so nietige saak is 'n toonbeeld van die vrees wat daar heers
in ANC-geledere dat Afrikaners vir hulle onvervreembare internasionale
reg tot selfbeskikking sal opstaan.
Die uwe
Alwyn de Klerk
Sekretaris: Verkennersbeweging van Suid-Afrika.