27 Augustus 2011

Mnr. Clive derby-Lewis se parool aansoek is vir die soveelste keer geweier, vir die soveelste belaglike rede. Daar is teen hierdie tyd al soveel onregte in hierdie saak gepleeg dat dit ten hemele skreeu. Die tyd wat Mnr. derby-Lewis in die tronk deurgebring het as terdoodveroordeelde word skielik nie in ag geneem nie. Daarna en ’n éérste in die land, moes die familie van Hani skielik geraadpleeg word. Hierdie reëls word egter net toegepas op Mnr. Clive derby-Lewis en is beslis nie die norm nie.

Dit is onregte soos hierdie wat gewone mense dryf tot protes optredes soos die verandering van straatname. Ook met hierdie onbenullige saak word daar spesiale ondersoek eenhede aangestel om die saak te ondersoek en belaglike klagtes word teen die beskuldigdes gebring. Die beskuldigdes is selfs in die selle deur ’n Generaal van die SAP besoek. Ook word deesdae byna daagliks in koerante gelees hoe wit lede van die publiek deur swart magsbehepte polisielede aangerand, verneder of selfs gemolesteer word.

Met al hierdie gebeure doen die Verkennersbeweging van Suid-Afrika ’n beroep op elke liewe volksgenoot om te registreer as ‘n kieser in die Volksraad Verkiesing Kommissie se verkiesing wat op 24 September 2011 sal plaasvind. Dit behoort vir enige regdenkende Afrikaner duidelik te wees dat hy nooit as gelyke in hierdie land behandel sal word nie. Nie met Wit ekonomiese on-bemagtiging, ras-stellende aksie en die behandeling deur die polisie en regstelsel nie. Suid-Afrika loop presies dieselfde pad as alle ander Afrika state ten Noorde. Dis hoekom volksvryheid die enigste blywende oplossing is.

Hierdie land het voorwaar ’n land geword waaroor die veroordeelde terroris Nelson Mandela trots op kan wees, net soos Robert Mugabe…….

Alwyn de Klerk
Sekretaris:  Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika