14 Julie 2011 

Professor Anton van Niekerk, direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die Universiteit van Stellenbosch, het vanoggend ’n les van patriotisme by Mnr. Abel Malan, Verkenner Vise-president en Volksraad Verkiesing Kommissie kandidaat ontvang.

Die professor se brief, “Wittes hét baie skuld” het op 4 Julie 2011 in die dagblad Beeld verskyn. Na aanleiding van hierdie brief, waarin die professor die bos oorlog belaglik maak en kots op die Afrikaner se verlede, was daar met hom ’n afspraak gemaak. Mnr. Malan het die professor in sy kantoor ontmoet. Gedurende hierdie gesprek het die neerhalende en beledigende woorde van die professor jeens die Afrikaner,  een te veel geword vir Abel. Weens uitlokking deur die professor, is sy tafel omgekeer en hy is in duidelike Afrikaans verduidelik hoe behoudende Afrikaners oor sy uitsprake voel.

Hierdie optrede van Mnr. Abel Malan herinner sterk aan die optrede van bobaas verkenner tydens die Tweede Vryheidsoorlog, Danie Theron wat Moneypenny, redakteur van die Star, bygedam het oor sy belediging van Boere vroue in sy koerant.

Ongelukkig kon Mnr. Malan nie bereik word vir kommentaar nie, aangesien hy in die Stellenbosch se Polisie aanhoudingselle is.  Die professor wat breedsprakig was om die afrikaner se trots op sy prestasies van sy verlede af te kraak, het skielik sy spraak lus verloor toe hy deur die media om kommentaar oor die voorval genader is.

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika het begrip vir die optrede van Mnr. Malan en is trots op die onverskrokkenheid wat deur sy leiers geopenbaar word. Hierdie optrede kan ook vir enige ander persoon as waarskuwing dien wat ons Volk en sy vryheidstrewe belaglik wil maak.

Alwyn de Klerk
Sekretaris: Verkenners Beweging van S.A.
082 940 8825