9 Oktober 2010 - Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika se 21ste verjaardag
17 Julie 2010 - 70 Jarige Republikeinse volksvergadering herdinking by die Paardekraalmonument, gereël deur die Paardekraal Verkennerspos
11 Maart 2010 - Uitdaging aan Julius Malema
Op 8 Maart 2010 het Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, gesê: “Skiet die Boere, hulle is verkragters!”
Lees die tersaaklike koerantberig hierDie Verkennersbeweging het die volgende uitdaging aan Malema in die vorm van 'n mediaverklaring gerig:
Lees die mediaverklaring hierNa aanleiding van hierdie verklaring is mnr. Ben Geldenhuys, president van die Verkenners, genooi om aan 'n gesprek rakende die kwessie op die program Interface deel te neem.
Klik hier om die eerste deel van die program op Youtube te kykKlik hier om die tweede deel van die program op Youtube te kykKlik hier om die derde deel van die program op Youtube te kykKlik hier om die vierde deel van die program op Youtube te kykAugustus 2009 - Aksie teen "Pienk Jakarandafees" by die Voortrekkermonument
Konfronteer die HUB van die Voortrekkermonument oor die "Pienk Jakarandafees" wat in die amfiteater op 15 Augustus 2009 plaasgevind het. Hierdie fees het 'n sterk homoseksuele inslag gehad en 'n deel van die opbrengs is geskenk aan UP & OUT, 'n Homoseksuele kampusorganisasie van die Universiteit van Pretoria.
Mei 2009 - Aksie rakende die Voortrekkermonument geskenkwinkel
Besetting van Voortrekkermonument geskenkwinkel oor die ongepaste, volksvreemde goedere wat daar tekoop aangebied word.
Oktober 2008 - Aksie teen die verandering van 27 straatname in Pretoria
Grootskaalse protes tydens openbare vergaderings rakende die beplande verandering van 27 straatname van Pretoria.
Ouer aksies en bedrywighede
Landswye aksies en beswaarskrif teen die die gebruik van sport op skolevlak om ons eie soortige identiteit deel te maak van 'n nasiebou proses.
Landswye aksie met beswaarskrif aan FW de Klerk teen die sedelike verval en onveilige toestand in ons land. Bekom subsidie op kommunikasiemiddels.
Beswaarskrif aan Min. Danie Schutte (Lisensie Radio Pretoria).
Aksie geloods teen die verkleinering en beswaddering van die Voortrekkermonument deur die beplande “Rockkonsert”. Was suksesvol in ons poging.
Geloftefeesvlagloop in (Ses roetes in Transvaal)
Vlagloop vanaf stasie na Kerkplein om eendragtige strewe van verskeie organisasies te demonstreer.
Sterk betrokkenheid tydens die laaste Afrikaner-Onderwyskongres.
'n Langdurige stryd gevoer om eie volksgerigte kunswedstryde te inisieer in samewerking met Aksie Vrouekrag en die GHA as plaasvervanger vir die reënboog kunswedstryde waarin ons volkseie gedigte en sang nie meer tot sy reg kom nie. Die volk stel nie belang nie.
Die inisiëring van 'n Christen- en onderwys simposium om die gebrekkige kennis van ons kinders van die Bybel en die uitfasering van Bybelonderrig in die skole te bespreek.
Ons is soekend na samewerking. Tweedrag in die Opvoeding en Onderwys van ons kinders is nie wenslik nie. 'n Mate van sukses is behaal.
Gedurende -1999 tot 2002- 'n tydgleuf op Radio Pretoria bekom om ons volkskultuur te bevorder en hanteer, die baie populêre kultuurprogram "KULTUVARIA".
Werk hand aan hand met die Afrikaner Volkskultuurbeweging aan wie ons ons skoolgaande jeug toe vertrou.
Aanbieding van die baie suksesvolle Volksaamtrek by die Danie Theronmonument, wat drie dae geduur het, om die rol van die Verkenners in die Tweede Vryheidsoorlog te herdenk.
Aanbieding van die suksesvolle Herdenking van die Slag van Nooitgedacht.
Verhoed die onthulling van die Danie Theron standbeeld deur Nelson Mandela op uitnodiging van die Direksie van die Voortrekkermonument.
Inisieerder van die Versetaksie: Stop Roof en Moord wat landswyd plaas gevind het, en waarin volksverootmoediging sentraal gestaan het.