15 Julie 2011
Die
Verkennersbeweging van Suid-Afrika het verneem dat Mnr. Abel Malan, wat
daarvan verdink word dat hy Prof Anton van Niekerk te lyf gegaan het,
nie vandag borg ontvang het nie. Na wat verneem word is die saak
uitgestel tot Woensdag die 20ste Julie 2011, onder die voorwendsel dat
daar eers vasgestel moet word of Mnr. Malan se adres wat hy gegee het
korrek is.
Mnr.
Malan is ‘n bekende sakeman en ook ‘n bekende inwoner van Nelspruit,
gevolglik word hierdie optrede vreemd gevind. Dit blyk dat die besluit
moontlik polities gemotiveerd mag wees, aangesien Mnr. Malan beslis geen
vlug risiko inhou nie.
Mnr.
Malan word geken as ‘n beredeneerde Christen man, wat indien hy ‘n
probleem met ‘n persoon het, die weg van Mattheüs 18 vers 15 volg.
Indien dit dus waar is dat hy handgemeen geraak het met van Niekerk, sou
dit slegs plaas gevind het indien hy geprovokeer is.
‘n
Beroep word gedoen op die regering om nie voete te sleep en verskonings
te gebruik om Mnr. Malan se reg op borg, onnodig te vertraag nie. ‘n
Verdere beroep word ook op die Afrikanervolk gedoen om Saterdag die VVK
vergadering in Vereeniging by te woon, waar onder andere Mnr Malan se
regsverteenwoordiger terugvoer sal gee oor sy saak.
Ben Geldenhuys
President: Verkennersbeweging van Suid-Afrika