Die
beweging maak voorsiening vir Verkennersposlede en Individuele lede.
Inskakeling kan
soos volg geskied:
Poslede:
'n
Kandidaat se naam word aan die Pos voorgelę vir keuring. Inskakeling geskied
dan by wyse van 'n instellingsformulier waartydens die Verkennersbelofte afgelę
word.
Individuele lede:
'n
Lid kan
hierdie tipe van lidmaatskap verkry, indien daar;
·
Geen pos in 'n voornemende lid se
omgewing is nie;
·
Daar nie die moontlikheid bestaan
dat die voornemende lid 'n pos op die been kan
bring nie;
·
'n lid nie meer sy posverpligtinge
weens grondige en aanvaarbare redes kan nakom nie;
·
As 'n pos ontbind en daar lede is
wat nie hulle lidmaatskap wil prysgee nie.